Alain Delon

Alain Delon
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Alain Delon in Rome (1959)

Geboortenaam Alain Fabien Maurice Marcel Delon
Geboorte 8 November 1935
Sceaux, Hauts-de-Seine, Frankryk
Sterfte 18 Augustus 2024
Nasionaliteit  Frankryk
Vlag van Switserland Switserland (sedert 1999)
Beroep(e) Akteur, sakeman, vervaardiger, skrywer
Aktiewe jare 1957–2012
Webwerf www.alaindelon.ch
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Alain Fabien Maurice Marcel Delon (8 November 1935 - 18 Augustus 2024) was 'n Franse akteur en sakeman.[1][2] Gedurende die 1960's en 1970's het hy internasionale bekendheid verwerf as een van Europa se gewildste rolprentsterre en manlike silwerdoek-sekssimbole. Gedurende sy loopbaan as akteur, waartydens hy in 'n tagtigtal rolprente opgetree het, het Delon met 'n verskeidenheid bekende regisseurs saamgewerk, onder wie Luchino Visconti, Jean-Luc Godard, Jean-Pierre Melville, Michelangelo Antonioni en Louis Malle. Dikwels het hy in sy rolprente die rolle van rowwe boosdoeners vertolk en ook in die openbare lewe graag die rol van enfant terrible gespeel; onder meer as aanhanger van Frankryk se regsgesinde party Front National en sy leier Jean-Marie Le Pen.

Alain Delon het sedert 1985 in Switserland gewoon en het in 1999 Switserse burgerskap as burger van die kanton Genève aanvaar.[3]

  1. "Alain Delon est décédé à l'âge de 88 ans". www.rtl.fr (in Frans). 18 Augustus 2024. Besoek op 18 Augustus 2024.
  2. "French film star Alain Delon dies aged 88". BBC News (in Engels (VK)). Besoek op 18 Augustus 2024.
  3. Agora Vox – Le média citoyen, 15 Januarie 2018: Alain Delon un Suisse bien mal dans sa vieille peau d’exilé fiscal! Besoek op 4 November 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy